Write

Being dyslectic I have been fortunate that current technology affords me the chance of expressing myself (often somewhat sarcastically). Mostly written in Afrikaans (the language of my heart) I wish all who dare to read my strange imaginations loads of luck deciphering the hieroglyphs of my mind!

Ek is

Ek is wie ek is, nie wie n ander wil hê nie
ek is wat ek is, so gemaak deur die lewe
ek is hoe ek is, onstaan deur my menswees
my siel is nie te koop nie, my hart vir almal oop
my menswees vol met foute, ek leef in hoop
my taal is hoe ek uitdruk dit wat diep in my sit
uit my siel geborge die kilheid in my hart verhit

Ek is vervolg – Met respek

Ek is wie ek is, my identiteit staan vas soos n rots
ek durf anders wees, op te staan en getel te word.
Vat my soos ek is of los my, ek weier om sielloos
onderdruk te word deur die tiranie van middelmatigheid.
Met respek weier ek om liefdevol afgepers te word
om saam te smelt, onopvallend, ongenadigelik,
ontoegeeflik, identiteitsloos, kusnloos, kansloos.
Vat aan my taal dan vat jy aan my hart, my siel,
my menswees, my diepste kern, my ek.
Ek is wie ek is, ek is Afrikaans!

Love is

Love is not a choice, it hides in lifes cracks, then when you are not looking and least expect it, it jumps out and claims you... body and soul if youre lucky!

Tuis

Waar in my grys geheue is die warm gevoel van tuis?
Wat maak dit so en hoekom is dit warm? Ek voel dit
die warm rooi sand van my land. Tussen my tone
krummelrig en los, klam van die voedende reen.
Ek smag na daai reuk, bekend en tog opwindend,
soos die eerste heerlike nat tongsoen. Lippe sag
soek na antwoord en verwagting in die ander.
Die gevoel van weet sonder te vra hoekom, dit is
net daar waar ek rus voel in my hart, tuis.

Kop leeg

My kop is leeg, alles uitgespuug en wat nog daar is
hou my was, dit jaag my op bang vir verloor
Die bene in my lyf is yskoud, stukke staal, hard
ongenadiglik bind dit weefsel wat wil pap lê
My hart verlang na bietjie warmte, klein kooltjie
vuur om die genadelose winter in my siel te weer.

Warm sop

Koue fyn reen, nat en mismoedig kruip dit
onder my hoed se rand, op my bril druppels
verdoesel my sig terwyl ek loop, vinniger
uit die reen, weg, droog wees, warm sop!

www wat?

Dis klaar, dis gedaan en die monument staan
maande se harde werk, eie lewe gekry op internet
uit my kop gebraakte webwerf lê dit nou still en wag
vir verlossing om gesien te word, www waar is jy?

Vooruitzicht

Zachtgrijs krast de lentelicht mij wakker
tussen streepjes lichtblauw helder strelend,
zaterdagochtend koffie, langzaam wakker
half droom en herinnering, muziek gisteren
anticipatie groeit en vooruitzicht bloeit.

Soekende

Ek soek jou, jy wat my hart se snare raak met jou warm stem
ek soek vir jou, om my vas te hou en aan te raak met jou oë
ek soek na jou omhelsing, jy maak my stil in die lewe se geraas
ek soek, al jare lang weet ek jy is êrens, jou warmte sal nog kom
en as ek jou dan vind sal ek jou nader bring en saggies koester
warm in my ou krom hart vol kreukels vashou en dan weer loslaat
vir jou om te kan wees wie jy moet wees en stil hoop jy kom terug
om my te vat en los te laat in die warm dans van die siel se band.

Jy

Jy het my vry gemaak, my gees weer laat asem kry
jy het my liefde gegee, my siel weer laat lig sien
jy het my my menswees terug gegee, sonder voorwaarde
jy het my aanvaar, nie gewens ek is iemand anders
jy maak my heel, sonder jou is ek onvoltooid
jy gee my warmte, die ys uit my koel hart gesmelt
jy is deel van my menswees, onlosmaaklik verbind
ek verlang na jou waar jy ook al is, ek wag vir jou my lief.

Moeg

Moeg vir die buurvrou wat steeds hier op die grensdraad rook
moeg vir die ander een wat steeds sleg kos vir haar kinders kook
moeg vir al die flippin stres en sorge sonder uitsig op beter dae
moeg vir al die goed in my kop en die onbeantwoorde vrae
moeg vir presidente wat dink hulle is die hemelse lig wat skyn
moeg vir die advertensies wat alles aanprys met die selfde treflyn
moeg vir al die nonsens oor covid 19, gedra jouself dis dodelik
moeg vir die mense wat alles vertaal letterlik en soms woordelik
moeg vir mense wat my nie verstaan omdat ek nie hier kan inpas
moeg vir almal wat dink ek is altyd goed alles en soek dan ‘n las
moeg vir lief wees sonder om dit aan die wêreld uit te kan dra
moeg vir moedeloos wees en sonder uitsig of verbetering te vra
moeg vir films kyk om my aandag af te ly vir dit wat nou gebeur
moeg vir ‘n ander se groot probleme en onwelvoeglike humeur
moeg vir wag op beter dae saam met iemand wat vir my omgee
moeg vir versigtig wees oor wat ek sê om te beskerm vir wel en wee
moeg vir steeds ‘n masker dra en maak asof alles reg en lekker is
moeg vir wag en wonder wanneer kom jy maar as gaan jou weer te mis
moeg vir alles wat ‘n mens moet doen om in te pas en goed te wees
moeg vir moeg wees, sommer net moeg, klaar, uitgeput, dankie vir die lees!

We do

We do what we need to do, not because we want to sometimes
we do what we want to do, always and only because we wish to
we do what we think to do,  as it is reasoned and dictated by our mind
we do what is best to do, as and when reason decides we must
we do what we expected we need to, as society demands or expects
yet we do so little what we really need to for ourselves to thrive
we do not always do that what is in our hearts which makes us alive.

Kaalvoet nooi

Buite is dit sonnig, binne woed donker die storm heftig in sy krag
wil ek jou beskerm, bevry, skuilte gee, wil dit doen met al my mag,
vriendskap en oortuiging van dit wat ek weet is onlosmaaklik mooi
gegrond in diep warmte, my gevoel vir die pragtige kaalvoet nooi.